Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Kings 1

:
Afrikaans - AFR20
1 Moab het hom die dood van Agab teen Israel verset.
2 Ahasia het deur die traliewerk van sy bovertrek in Samaria geval en is beseer. Hy het boodskappers gestuur met die opdrag: “Gaan doen navraag by •Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie besering sal herstel.”
3 Die •Engel van die Here het egter vir Elia, die man uit Tisbe, gesê: “Maak gereed, gaan die koning van Samaria se boodskappers tegemoet en vir hulle, ‘Is dit omdat daar geen God in Israel is nie dat julle op pad is om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
4 Daarom, so die Here: “Daardie bed waarop jy geklim het jy sal daarvan nie weer afklim nie, want jy gaan beslis sterf.” Elia het toe gegaan.
5 Toe die boodskappers na Ahasia terugkom, vra hy vir hulle: “Nou hoekom het julle dan teruggekom?”
6 Hulle antwoord hom: “'n Man het ons tegemoetgekom en vir ons gesê, ‘Gaan terug na die koning wat julle gestuur het en vir hom: “So die Here, ‘Is dit omdat daar geen God in Israel is nie dat u mense stuur om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom, daardie bed waarop jy geklim het jy sal daarvan nie weer afklim nie, want jy gaan beslis sterf.”
7 Die koning vra toe vir hulle: “Wat was kenmerkend van die man wat julle tegemoet gekom het en vir julle hierdie woorde gesê het?”
8 Hulle antwoord hom: “Dit was 'n man met 'n harige mantel en 'n leerskort om sy heupe gebind.” Toe die koning: “Dit is Elia, die man uit Tisbe!”
9 Daarop stuur hy 'n •aanvoerder van vyftig met sy vyftig man na Elia. Hy het opgegaan na Elia, wat juis toe op die kruin van die berg gesit het. Hy toe vir hom: “Man van God, die koning gebied, ‘Kom af!’
10 Elia het die aanvoerder van vyftig geantwoord en gesê: “As ek 'n man van God is, mag daar vuur uit die hemel afkom en jou en jou vyftig man verteer! Daar kom toe vuur uit die hemel af en verteer hom en sy vyftig.
11 Daarop stuur die koning weer 'n ander aanvoerder van vyftig met sy vyftig man na Elia. Hy gaan toe op en vir hom: “Man van God, so die koning, ‘Kom dadelik af!’
12 Elia het geantwoord en vir hulle gesê: “As ek 'n man van God is, mag daar vuur uit die hemel afkom en jou en jou vyftig man verteer!” Daar kom toe vuur van God uit die hemel af en verteer hom en sy vyftig man.
13 Die koning stuur toe weer iemand, 'n derde aanvoerder van vyftig met sy vyftig man. Die derde aanvoerder van vyftig het opgegaan, daar aangekom en voor Elia op sy knieë neergesak. Hy het hom gesmeek en vir hom gesê: “Man van God, laat my lewe en die lewens van u dienaars, hierdie vyftig man, asseblief kosbaar wees in u oë!
14 Kyk, vuur het uit die hemel afgekom en die eerste twee aanvoerders van vyftig en hulle vyftig man verteer. Daarom, mag my lewe kosbaar wees in u oë!”
15 Toe die Engel van die Here vir Elia: “Gaan saam met hom af; moenie vir hom bang wees nie.” Hy staan toe op en gaan saam met hom af na die koning.
16 Elia het vir Ahasia gesê: “So die Here, ‘Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron te raadpleeg, asof daar geen God in Israel is wie se woord geraadpleeg kan word nie daarom, hierdie bed waarop jy geklim het jy sal daarvan nie weer afklim nie, want jy gaan beslis sterf.’
17 Hy het toe gesterf, ooreenkomstig die woord van die Here wat Elia gespreek het. Joram, sy broer, het in sy plek koning geword, want Ahasia het nie 'n seun gehad nie. Dit het gebeur in die tweede regeringsjaar van Jehoram, seun van Josafat, koning van Juda.
18 Die verdere geskiedenis van Ahasia en wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie?